Tuisblad

AfriCanis - die merkwaardige eie hond van Afrika

DIE AfriCanis is die ware Afrika-hond - gevorm in Afrika, vir Afrika. Dit is deel van die kulturele en biologiese erfenis van die mensdom.

Sy Afrika-herkoms gaan 7000 jaar terug, na die honde wat met die Neolitiese veeherders uit die Midde-Ooste na Afrika gekom het.

AfriCanis is die sambreelnaam vir die inheemse honde van suidelike Afrika - dit verwys na die vasteland Afrika en na canis - hond. Die AfriCanis word oral oor die subkontinent gevind. Die honde moet egter nie verwar word met die veelheid van hondtipes wat in informele nedersettings en woonbuurte rondloop nie.

Maar is dit 'n brak of 'n hond van onbepaalbare soort of ras?

In teenstelling met alle moderne hondetipes is AfriCanis nie 'n kunsmatige teling nie, maar 'n landras. Die AfriCanis is die gevolg van natuurlike seleksie en fisiese en geestelike aanpassing by omgewingstoestande. Die hond is nie "geselekteer" of vir sy voorkoms "geteel" nie.

Die natuur het hom gevorm na die vereistes van Afrika. In tradisionele suidelike Afrikaanse denke is die belangrikste vereiste vir 'n hond dat hy "wys" moet wees. Eeue lank het die fiksste en slimste honde oorleef om aan ons een van enigste oorblywende natuurlike honderasse in die wÍreld te gee.

Hoe lyk die hond?

Die mooiheid van hierdie hond is die eenvoud en funksionaliteit van sy bou.

Die AfriCanis is 'n hond van medium grootte, slank gebou en goed gespierd. Dit is rats en soepel, beweeg op 'n heel natuurlike en gemaklike wyse en kan baie vinnig hardloop.

Die hond word in 'n wye verskeidenheid kleure gevind, met of sonder merke van 'n ander kleur. 'n Rif van uiteenlopende vorm kan soms op die rug gesien word. Ongelukkig is bevind dat hierdie eienskap verband hou met 'n dermoÔde sinus, en derhalwe word "rif"-draers nie vir aanwas aanbeveel nie.

Die kop is keil-vorming en die gesig is besonder uitdrukkingsvol. Die ore kan orent staan, of halforent of hang. Die houding van ore en stert weerspieŽl die hond se bewustheid van die omgewing. Hierdie wisselende liggaamlike kenmerke het geen direkte invloed op die liggaamlike en geestelike welstand van die hond nie.

Wanneer dit in 'n goeie kondisie is, is die ribbes net-net sigbaar. Die kort dubbelpels pas hom by die seisoene aan en kan met 'n minimum van sorg blink gehou word.

Eienskappe

Omdat die AfriCanis eeue lank vryelik in en om landelike nedersettings gewoon het, kombineer dit gehegtheid aan mense met 'n behoefte aan ruimte. Die hond is tradisioneel altyd aangetrokke tot mense, ander honde, vee en huisdiere. Dit is sy aard om te waak oor vee.

AfriCanis is goed geaard sonder om opdringerig te wees: dus 'n vriendelike hond met 'n waaksame gebiedsgedrag.

Die hond vertoon 'n onbedorwe sosiale hondegedrag en 'n hoŽ vlak van gesigsuitdrukking en lyftaal. Die senuwees is gelykmatig, maar die hond is altyd versigtig wanneer dit nuwe situasies benader. Met ander woorde: dit vertoon 'n sterk oorlewingsinstink.

Waar kom AfriCanis vandaan?

Selfs voor die tyd van die Egiptiese vorstehuise het gedomestiseerde honde vinnig langs die Nylrivier versprei. Tegelyk het seisoenale trektogte en handel die AfriCanis diep in die Sahara en die Sahel geneem.

Yster-smedende Bantoesprekers het hul gedomestiseerde honde saamgebring toe hulle vanaf sowat 200 nC die grasvelde van Kameroen verlaat het in 'n reuse-trektog, wat uiteindelik tot hul vestiging in suidelike Afrika gelei het.

Die vroegste rekord van 'n gedomestiseerde hond in Suid-Afrika is 570 nC op die plaas Diamant in die distrik Ellisras, naby die grens van Botswana . Terselfdertyd was daar gedomestiseerde honde suidwes van Francistown in Botswana .

Teen 650 nC is die hond in die laer Tugelavallei aangetref, en teen 800 nC in 'n Khoi-nedersetting by Kaap St Francis.

Is die AfriCanis 'n hond vir u?

Sodra ons die AfriCanis van sy natuurlike habitat wegneem, meng ons in met sy toekoms. Aan die ander kant is sy historiese landelike habitat besig om vinniger te verander en te krimp as wat 'n mens besef.

Om die AfriCanis te bewaar, moet ons 'n ander, maar steeds geskikte omgewing soek. As 'n mens 'n mate van ruimte en vryheid kan gee, asook kontak met ander diere en mense, sal die AfriCanis aan jou sy floreer.

Dit is 'n hond wat nÚg gepamperlang hoef te word nÚg spesiale kos nodig het. Dit is konstant gesond en het deur die jare heen 'n natuurlike weerstand teen interne en eksterne parasiete ontwikkel.

Die AfriCanis het bloot 'n mens se geselskap nodig. As 'n primitiewe hond word dit deur instink en onderdanigheid gelei, juis die elemente wat sy vroeŽ voorouers eersteklas kandidate vir domestisering gemaak het. Die hond smee 'n band met 'n tropleier - sy baas - en sy gebied. Hy sal 'n mens ure lank sonder leiband volg.

Uit die oogpunt van gesondheidsorg is die roetine-inentings nodig, maar 'n mens hoef nie 'n rekening by 'n veearts te open nie. Die AfriCanis is 'n koste-doeltreffende hond.

Die AfriCanisvereniging van Suider-Afrika

Sy doel is om die natuurlike hond te bestudeer en dit as 'n inheemse landras te bewaar deur die natuurlike seleksie wat dit oor honderde jare gevorm het, te handhaaf. Die bedoeling is nie om 'n ras te "ontwikkel" of om honde kunsmatig vir selektiewe eienskappe te "teel" nie. Variasie beteken gesonde en slim honde.

Volgende: Gallery